WELCOME ABOUT ORIGIN OF SHIRAZ SA ROOTS EVENTS IN THE VINEYARD IN THE CELLAR IN YOUR GLASS CONTACT
Showcase Archive

SHIRAZ SA | P.O. Box 33, Paarl, 7620 | T: 082 924 7254 | F: 086 267 4333 | E: info@shirazsa.co.za | Like us on:

Created by VRGraphics
Shiraz sterre vir 2017 aangekondig

ʼn Dosyn voortreflike Shiraz wyne en drie indrukwekkende Shiraz versnitte het die kollig gehaal tydens die vyfde jaarlikse Shiraz Challenge toekenningseremonie gehou op 31 Mei by die Rhebokskloof Wynlandgoed in Paarl. Shiraz-liefhebbers kan met ʼn geruste hul visier stel op hierdie uitskieters wanneer hul weer voor die oormag van wyne op die rak van enige winkel te staan kom.


Volgens SA Shiraz voorsitter, Edmund Terblanche, het sowat 220 wyne vanjaar meegeding vir die guns van die beoordelaars – ʼn volgehoue styging in aantal inskrywings sedert die begin van die kompetisie in 2013. “Aanvanklik het ons slegs op Shiraz gefokus, maar reeds in jaar twee besluit dat wynmakers hul beste vesnitte ook moet inskryf aangesien hierdie kompetisie ʼn omvattende viering van hierdie edelkultivar is,” sê hy. “Ons ervaar ʼn volgehoue groei in die versnit-kategorie – nie slegs vir die Rhône-styl wyne nie, maar vir al die samestellings waarin Shiraz die hoofrol speel.”


Die 2017’s top Shiraz wyne is:



Top 3 Shiraz versnitte:



Teenwoordiges kon tydens die seremonie die 25 Shiraz finaliste en die top 10 Shiraz versnitte proe terwyl die wenners tydens middagete voorgesit is.


Toppresterende produsente – hier’s die statistiek

Shiraz SA het ook ʼn handvol kelders vereer vir hul volgehoue prestasies oor die verloop van die eerste vyf jaar van die kompetisie – gebaseer op hul aantal wenwyne en finaliste: Cederberg, KWV, Fairview, Eagles’ Nest en Saronsberg.



ʼn Gedugte span beoordelaars

Agt vooraanstaande beoordelaars, met Dr Andy Roediger aan die hoof, het verantwoordelikheid geneem vir die streng beoordelingsproses. Vir Roediger het ʼn ligte belangstelling in wyn en ʼn gevolglike wynkursus by die Wynakademie, daartoe gelei dat hy as garagiste sy eie wyn maak. Hy het ook intussen sy Kaapse Wynmeestertesis voltooi met die tema: Fenoliese rypheid in Suid-Afrika. Hy deel hierdie kundigheid met talle toonaangewende wynmakers deur fenoliese rypheid-analises in sy laboratorium te doen.


Die res van die beoordelaarspan sluit in: Charles Hopkins (De Grendel keldermeester), Cathy van Zyl (Britse Wynmeester), Pearl Oliver (hoof-sommelier by die Taj Hotel in Kaapstad), Edmund Terblanche (La Motte keldermeester en Shiraz SA voorsitter), Samarie Smit (wynskrywer en redakteur van Die Burger: Versnit, en ʼn gereelde beoordelaar by Veritas en die SA Jongwynskou) en Maryna Huysamen (Kaapse Wynmakersgilde protégé). Huysamen se insluiting as protégé bied die nodige blootstelling en dien as opleidingsgeleentheid vir haar as toekomstige beoordelaar.


Internasionale wynbeoordelaar Claus Fischer het vanjaar vir die eerste maal by die span aangesluit. Fischer wend sy akademiese agtergrond in chemie in die wynomgewing aan en het onder andere ʼn aroma-wiel vir Duitse wyne ontwikkel. Die indrukwekkende spoed waarmee die proeë plaasgevind het en die hoë standaard van die puntetoekenning en -terugvoer het hom beïndruk.


Die bemarking en verkope van gemengde pakke van die wenwyne word deur CyberCellar hanteer. Indien jy ʼn passie vir Shiraz het en jou wynversameling wil aanvul, besoek hulle by www.cybercellar.co.za.


Shiraz SA bedank graag hul medewerkers vir hul bydrae tot die beplanning en aanbied van hierdie outoritêre kompetisie: Nederburg vir die venue, Wine MS vir die spesiaal ontwikkelde program, Deloitte & Touche vir die nagaan van die uitslae en Riedel vir die trofeë. Elke wenner ontvang 2 000 plakkers deur Coastal Labels geborg.


Kontak Sandra Lotz vir meer inligting: 082 924 7254 of info@shirazsa.co.za

Newsrelease | 31.05.2017 Persvrystelling | 31.05.2017

Issued on behalf of | Uitgereik namens

   



     

CONTACT | KONTAK

Sandra Lotz

082 924 7254

 info@shirazsa.co.za


www.shirazsa.co.za


EINDE

Twitter: @Shiraz_SA

Facebook: https://www.facebook.com/ShirazSouthAfrica